Voorverhit die oond tot 190 °C. Bespuit ’n bakplaat met kossproei.

  • Hoender: Geur die hoender met die sout en pak op die bereide bakplaat. Drup die olie oor en rooster 35-40 min. of tot gaar. Hou eenkant om af te koel.
  • Sny die hoender van die been af en sny in skyfies of pluis rofweg indien verkies.
  • Slaai: Meng alles goed in ’n mengbak.
  • Slaaisous: Meng alles goed en geur met die sout na smaak. Giet die sous oor die slaai en meng liggies deur.
  • Versprei die slaai op ’n slaaibord en pak die hoender bo-op.