Voorverhit die oond tot 230 °C. Voer ’n groot bakplaat met foelie uit en bespuit met kossproei.

  • Plaas die snoek met die velkant na onder op die bereide bakplaat. Geur met die sout en peper en suurlemoensap. Bedruip met die olie en rooster 15 min. in die oond of tot die snoek gaar is.
  • Sous: Meng al die bestanddele en geur met die sout na smaak.
  • Slaai: Pak die nektariens en slaaiblare uit op ’n groot opdienbord of 4 indivi­duele borde.
  • Breek die snoek in stukke en haal soveel moontlik van die grate uit. Pak die snoek op die slaai en bedruip met die sous. Geur weer met peper indien verkies.Genoeg vir 4 mense