• Slaaisous: Klits al die bestanddele goed saam en geur met die sout na smaak.
  • Slaai: Spoel die gaar stampmielies goed af en skud droog in ’n vergiettes. Skep die mielies in ’n groot mengbak en giet die slaaisous oor. Meng deur en geur met nog sout indien nodig.
  • Sny die komkommer in linte met ’n groenteskiller en sny die avokado in dun repies of blokkies.
  • Verdeel die stampmielies tussen 4 bakkies en stapel van die komkommerlinte bo-op elkeen. Pak die avokado tussen die komkommerlinte en drup ’n bietjie suurlemoensap bo-oor.
  • Garneer die bakkies met die mikrokruie en sit voor.

Wenk: ’n Mens kan die slaai lank in die yskas hou. Maak dit eers sonder die komkommer, avokado en mikrokruie, en rond dit daarmee af net voor jy dit voorsit.