• Steaks: Geur die steaks met die koljander, sout en peper. Verhit die olie in ’n kleefvrye pan en braai die steaks vinnig aan albei kante tot bruin. Haal uit die pan en laat die vleis 5 min. rus.
  • Vinaigrette: Klits al die bestanddele goed saam en geur met die sout en peper na smaak.
  • Slaai: Plaas die aartappels in ’n mengbak en giet die helfte van die vinaigrette oor. Meng liggies deur en geur met sout indien nodig.
  • Pak die blaarslaai op ’n groot dienbord en skep die aartappels bo-op. 
  • Sny die steaks in stukke en pak op die slaai. Giet die res van die vinaigrette oor en sit dadelik voor.