• Tempurabeslag: Meng die bruismeel en sout, voeg die water en olie by, en klits goed tot glad. Laat staan 1 uur.
  • Klits die eierwitte styf net voor jy dit nodig kry en vou by die beslag in.
  • Sous: Verhit ’n bietjie olie en roerbraai die wortels, soetrissies, knoffel, gemmerwortel en brandrissies effens tot net sag maar bros.
  • Voeg die res van die sousbestanddele buiten die suurlemoensap by. Bring dit tot kookpunt. Laat prut sowat 5-10 min. tot stroperig en geurig. Voeg die suurlemoensap by.
  • Vis: Geur die vis met die sout en peper en doop die visblokkies in die beslag.
  • Verhit genoeg olie in ’n diep kastrol en braai die visblokkies in sarsies tot goudbruin en gaar. Dreineer dit op kombuis­papier. Giet ’n bietjie van die sous oor.
  • Slaai: Meng die koeskoes en quinoa. Roer die orige sous deur en skep die koeskoesmengsel op ’n opdienbord. Rang­skik die vis bo-op. Sprinkel die pynappel, komkommer en koljanderblare oor.