Plaas die vinkelbolle op ’n bord. Meng die suurlemoensap en -skil met die knoffel en die helfte van die olyfolie.

Verhit die res van die olie en braai die halloumi daarin tot goudbruin. (Jy kan die halloumi ook eers in ’n bietjie koekmeel doop voor jy dit braai.)

Sprinkel die gebraaide kaas oor die vinkel; sprinkel ook die bessies, dille of vinkeltakkies en sonneblomsade oor.

Sit die slaai dadelik voor, anders word die halloumi rubbertaai.

Wenk
Rooster die sonneblomsade in ’n droë pan tot goudkleurig, sprinkel ’n spatsel balsemieke asyn oor en braai net tot die asyn geabsorbeer is.
ASSISTENT: HANJE NIEHAUS; HANDGEMAAKTE BORDE: PATAT-ONTWERP