Maak ’n vuur met genoeg kole.

  • Sny een van elke soort beet in papierdun skyfies (verkieslik met ’n mandoliensnyer). Hou eenkant in water. 
  • Bak die res van die beet in die kole tot sag. Skil en sny in blokkies. 
  • Beetjel: Meng die agar-agar met die beetsap en asyn in ’n kastrol. Verhit tot net onder kookpunt (98 °C). Moenie laat kook nie. Plaas die kastrol dan in ys tot die mengsel gestol is.
  • Plaas die mengsel in ’n voedselverwerker en verwerk tot glad. Skep in ’n spuitbottel.
  • Afronding: Meng die olie en asyn en geur met die sout en peper. Giet oor die rou sowel as die gaar beet en die blare.
  • Maak ’n smeersel van die beetjel oor die bord. Plaas ’n skyfie kaas op een kant. Rangskik die gaar en rou beet rondom die kaas en rond af met die blare en nog ’n paar kolletjies beetjel.

Resep deur Piet Marais en Frik Oostuizen

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.