Voorverhit die oond tot 200 °C. Voer ’n bakplaat met foelie uit en bespuit met kossproei.

  • Sny die ongeskilde aartappels in wiggies. Smeer die helfte van die olie op die bakplaat. Pak die wiggies in ’n enkellaag bo-op en drup die res van die olie oor. Geur met die sout.
  • Rooster 20 min. Draai die aartappels om en rooster nog 20 min. of tot goudbruin en bros.
  • Sprinkel: Rooster die sade in ’n droë pan tot geurig. Stamp effens fyner in ’n vysel, voeg die res van die bestanddele by en meng goed.
  • Sous: Pols die keker­ertjies, olyfolie en knoffel in die bak van ’n voedselverwerker tot fyn. Geur met die suurlemoensap en sout.
  • Meng die jogurt deur die sous en hou eenkant.
  • Vir afronding: Pak die wiggies op ’n opdienbord. Skep die sous oor en strooi die sprinkel oor. Pak die biltong op en garneer met die koljander­blare. Sit warm voor.