Voorverhit die oond tot 190 °C. 

  • Patat: Sprei die patatblokkies op ’n bakplaat uit en drup die olie oor. Geur met die sout en peper en meng deur. Rooster 15-20 min. of tot die patat gaar is.
  • Steaks: Meng intussen die speserye met die blatjang en 15 ml (1 e) van die olie. Smeer die mengsel oor die steaks en laat minstens 30 min. marineer.
  • Sit die roosterelement van die oond aan. Verhit die orige olie in ’n kleefvrye pan en seël die steaks 1 min. per kant. Pak die steaks op ’n bakplaat en rooster nog 4-6 min. in die oond of tot gaar soos verkies – moenie die steaks te gaar maak nie; dit sal baie droog word. Haal die steaks van die bakplaat af en laat 10 min. rus.
  • Slaai: Verhit die olie in ’n pan en braai die uie tot bruin. Voeg die groenboontjies by en roerbraai tot die boontjies heldergroen en gaar is. Voeg die spinasie asook 30 ml (2 e) water by, sit ’n deksel op en braai tot die spinasie verwelk is.
  • Voeg die patatblokkies by die groente in die pan en roer liggies deur. Geur met die sout en peper.
  • Vir voorsit: Sny die steak in skyfies. Skep die slaai op ’n groot opdienbord en skep die skyfies vleis bo-op.