• Giet 375 ml (1½ k) kookwater oor die droë sampioene en laat staan tot uitgeswel.   
  • Verhit die helfte van die botter en olie, en braai die fyngekapte gemengde sampioene daarin tot sag en geurig. Skep uit.
  • Verhit die res van die botter en olie in dieselfde pan, en braai die preie saam met die knoffel daarin tot sag. 
  • Voeg die quinoa by en braai sowat 5 min. tot die quinoa ’n goue kleur kry.
  • Dreineer die droë sampioenmengsel en giet die water by die quinoa. Kap die gedreineerde sampioene op en voeg by. Bring tot kookpunt, verlaag hitte en laat prut tot die quinoa sag en gaar is, sowat 15 min.
  • Roer die pesto en gebraaide sampioene by.
  • Voeg die bosbessies, neute, appelkose en sade by en meng goed. 
  • Skep uit en sprinkel die suurlemoenskil oor. Sit warm voor.
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.