• Spoel die rys en freekeh of quinoa in koue water af. Plaas in 'n kastrol en laat kook 25-30 min. in soutwater. Die grane moet sag wees maar steeds 'n bietjie byt hê. Dreineer goed en keer in ’n groot mengbak uit. 
  • Rooster die komynsaad 2 min. in 'n droë pan. Bedruip met die olyfolie. 
  • Voeg die spruite en spriet­uie by die komyn en braai 2-3 min. Voeg dan by die rys. 
  • Plaas die gekapte krulkool in dieselfde pan en braai 3 min. tot net verwelk. 
  • Voeg die koljander by en druk 'n bietjie suur­lemoensap oor. Voeg die krulkool ook by die rys. 
  • Bondel die roket en vars kruie saam en kap fyn. Plaas in die rysbak en meng alles goed.
  • Sous: Klits al die bestanddele saam en giet oor die rys. Meng en maak seker al die grane is bedek. Ná sowat 15 min. of sodra die rys die geure geabsorbeer het, proe en voeg nog sout en peper by indien nodig. 
  • Afronding: Keer die slaai op 'n groot opdienbord uit. Krummel die bokmelkkaas oor, voeg die avokado by en besprinkel met die sade. Rond af met ’n skeut olyfolie. 
Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.