• Slaaisous: Meng al die bestanddele in ’n fles en skud goed.
  • Slaai: Verhit heelwat botter in ’n pan en braai die sampioene daarin tot geurig en droog.
  • Pak die blomkool op ’n bakplaat, geur met die sout, sprinkel ’n bietjie olie oor en oondbraai tot gaar maar nog baie bros. Laat afkoel.
  • Drup suurlemoensap oor die peerskyfies; rang­skik op ’n plat opdienbord. Stapel die blomkool en sampioene bo-op.
  • Vir afronding: Pak die roomkaasbolletjies op en giet die slaai­sous oor.
  • Sprinkel die uiespruite en amandelvlokkies oor.

Dié kombinasie klink miskien ’n bietjie vreemd, maar dis heerlik. Die slaaisous bind die geure ­alles lekker saam.

Wenk: As pere vir jou te volksvreemd is, kook baba-aartappels en gebruik pleks van die pere. Jy kan ook gekapte gebraaide spek oorsprinkel.