In die Eskort-kombuis hou ons van maklike resepte en dié slaai is lieflik as ’n vinnige middagete of kosblikbederf.

  • Plaas die aartappels in ’n pot soutwater en kook tot sag. Dreineer en sit eenkant. 
  • Verhit die helfte van die olyfolie in ’n braaipan en braai die Weense worsies 4-5 min. tot gaar.
  • Verwyder van die hitte en sny die Weense worsies in kywe. Sny die aartappels middeldeur.
  • Verhit die ertjies 2-3 min. in kookwater, dreineer en sit eenkant. 
  • Sit die slaai bymekaar deur die baba-aartappels, Weense worsies, rooi-ui, kruisement en pietersielie te meng. 
  • Voeg die fetakaas, ’n skeut olyfolie, sout en peper by en meng goed.
  • Sit koud voor.