1. Puttanesca-varktjops

Puttanescasous is nie net vir pasta nie; saam met varktjops smaak dit ook vorentoe. 

Puttanesca-varktjops. Foto: Misha Jordaan
Puttanesca-varktjops. Foto: Misha Jordaan

2. Gebakte snoek met patats en lemoenatjar

Snoek en patat is egte Weskuskos en pas perfek in die paleo-eetstyl. 

Gebakte snoek met patats en lemoenatjar. Foto: Mis
Gebakte snoek met patats en lemoenatjar. Foto: Misha Jordaan

3. Hoenderkerrie met vinnige koolpiekel

Skep die hoenderkerrie in koolblare op en sit  voor saam met die sous en piekel. 

Hoenderkerrie met vinnige koolpiekel. Foto: Misha
Hoenderkerrie met vinnige koolpiekel. Foto: Misha Jordaan

4. Amandel-appelpoeding met klappersous

Ons immergewilde malvapoeding was die ­inspirasie vir hierdie heerlike koringmeellose nagereg wat met heuning versoet is. 

Amandel-appelpoeding met klappersous. Foto: Misha
Amandel-appelpoeding met klappersous. Foto: Misha Jordaan

Wat is die paleo-eetstyl?

In die paleo- of prehistoriese eetstyl het verfynde, verwerkte kos nie 'n plek nie. Ook nie grane, peulgroente en suiker nie, selfs ook nie eintlik suiwel nie.

Maar aan die meeste groente en vrugte, neute en sade, maer vleis, vis, hoender, eiers en gesonde olies kan jy maar weglê. 

Wat jy mag eet

Alle vleis, verkieslik vrylopend, vis en seekos, eiers, vrugte, groente, neute, sade en gesonde olies (olyf, okkerneut, vlassaad, macadamia, avokado, klapper).

Onverwerkte heel kosse soos groente en vrugte is die grondslag van die dieet. Bevrore groente, sonder souse, is ook reg.

Wat jy moet vermy 

Verwerkte kos en olies, verfynde suiker (ook kunsmatige versoeters), peulgroente (ook grondbone en sojasous) en te veel sout.

Wat jy soms mag eet

Suiwel, soos gefermenteerde produkte wat minder laktose bevat en botter van vrylopende koeie. Stysel­groente soos aart­appels en mielies, en soet vrugte soos piesangs laat die bloedglukosevlak meer styg as byvoorbeeld spinasie en bessies, en jy moe- nie te veel daarvan eet nie. 

Vir 'n gebalanseerde eetstyl is dit 'n goeie idee om net sekere paleo-eetpatrone na te volg en ander te los. Sny byvoorbeeld verwerkte kos uit, gebruik minder suiker en eet meer vars vrugte en groente.

As jy onseker is oor die uitskakeling van grane en suiwel, praat met ’n geregistreerde dieet­kundige om te bepaal wat die beste vir jou lyf is.


Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.