Die susters Kate en Rebecca Lund van KwaZulu-­Natal is van kleins af deur hul ma, 'n passievolle kok, geïnspireer om in die kombuis te eksperimenteer. 

Hul kosavontuur het as 'n stalletjie op kosmarkte begin. Daarna het hulle die kos-en-drankafdeling in 'n boetiekhotel bestuur en toe hul eie restaurantruimte bekom. Deesdae bedryf hulle 'n voltydse spysenierings­onderneming. 

Die susters eksperimenteer graag met nuwe bestanddele en eksotiese speserye. 

Hulle beskryf hul kos as vars, heilsaam, kleurryk, seisoenaal en “meestal” gesond. Die aanbiedings in hul boek wissel van somer-laatontbyte, piekniekeetgoed en strand­middagetes tot ’n huislike fees en selfs heerlike drankies. 

1. Pikante basilie-en-suurlemoen-quinoa

Dit is uiters eenvoudig om te maak en bly tot drie dae lank heerlik in 'n lugdigte houer in die yskas. Dis perfek vir werk toe vat vir middagete en is ’n ­wenner as bykos by 'n braai saam met ­stadig geroosterde lamsvleis of selfs vis.

Pikante basilie-en-suurlemoen-quinoa. Foto: Verska
Pikante basilie-en-suurlemoen-quinoa. Foto: Verskaf

2. Beesvleis-en-murgpampoentjie-koftas

Die kombinasie van maer maalvleis van goeie gehalte, spese­rye en hope heerlike vars bestanddele is onverbeterlik. Die ­resep werk goed vir frikkadelle en selfs burger­koekies – dus kan jy kreatief raak. 

Beesvleis-en-murgpampoentjie-koftas. Foto: Verskaf
Beesvleis-en-murgpampoentjie-koftas. Foto: Verskaf

3. Turkse hoenderpasteie

Dié heilsame en geurige gereg word as een groot pastei of mini-enkelporsies gemaak. Dis 'n heerlike aandete of byvoeging tot 'n piekniek.

Turkse hoenderpasteie. Foto: Verskaf
Turkse hoenderpasteie. Foto: Verskaf

4. Hawermout-crunchies

Dit is 'n gesonder weergawe as die “ouskoolse” hawermoutkoekies met hul bros rand en taai binnekant. 

Hawermout-crunchies. Foto: Verskaf
Hawermout-crunchies. Foto: Verskaf

Delish Sisters: Tasty Food Made with Love deur Kat
Delish Sisters: Tasty Food Made with Love deur Kate en Rebecca Lund. Foto: Verskaf
  • Delish Sisters: Tasty Food Made with Love deur Kate en Rebecca LundStruik Lifestyle, 'n drukkersnaam van Penguin Random House, R209
  • E-boek beskikbaar teen dié prys by takealot.com. Die prys was korrek met druktyd en is onderworpe aan verandering.
Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.