1. Walliese-kaasroosterbrood

Cheddarkaas is eg Brits en kom oorspronklik van die dorp Cheddar in Somerset, Engeland. Dié heerlik veel­sydige bestanddeel word gewoonlik twee tot vier maande verouder, beleë cheddar minstens ses maande en goed beleë cheddar 24 maande.

resep,kaas,roosterbrood
Walliese kaasroosterbrood. Foto: Jacques Stander

2. Italiaanse pizza

Die lekker van ’n pizza lê grootliks in die mozzarellakaas wat so heerlik drade trek wanneer dit smelt. Naas gouda en cheddar is mozzarella ons land se gewildste kaassoort.

pizza
Italiaanse pizza. Foto: Jacques Stander

3. Nederlandse kaasbolletjies

Gouda, oftewel soetmelkkaas, is Nederaland hoofkaasproduk. Hier by ons is beleë gouda ook beskikbaar – dit is nie so sag soos gewone gouda nie; dis effens droër.

kaas
Nederlandse kaasbolletjies. Foto: Jacques Stander

4. Franse peer-en-bloukaastert

Die bekendste Franse kaas is hul bloukaas roquefort. In Suid-Afrika kry jy ook blouskimmelkase. Dit werk goed saam met iets soets soos vrugte.

peer,bloukaastert
Franse peer-en-bloukaastert. Foto: Jacques Stander

5. Switse kaasfondue

Emmentaler is die bekendste Switserse kaas, maar word nie suksesvol in Suid-Afrika vervaardig nie; sy algemener eweknie, gruyère, wel. Dit het ’n sterk smaak en is ideaal om mee souse te maak.

kaas
Switse kaasfondue. Foto: Jacques Stander
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe!