1. Mymoena se tradisionele familieresep: Vismasala
Vis is meestal alledaagse huiskos in ons familie, maar wanneer ons hierdie geurige vismasala maak, kan jy weet iets spesiaals wag.
Elke kok maak dit op sy eie manier – ek rasper my tamatie, terwyl ander kokke verkies om tamatieskywe te braai en dit op elke stukkie gaar vis te pak.
2. Full House masala-steak-gatsby
As Tyron 'n genie in die bottel gehad het wat hom enige kos sal gee wat hy begeer, sal dit elke keer 'n lekker vet masala-steak-gatsby wees.
3. Mymoena se tradisie-hoekie: Oemie se brijani
Oemie se signature-gereg is nou myne ook. Sy het my maak belowe dat ek die resep met niemand anders sal deel as met my eie dogter nie.
Dis die einste brijani wat ek gekies het om vir Bianca beter te leer ken om die kospotte.
4. Ruiterbosch-spesialiteit: kerrieafval
Mrs J het grootgeword met afval en was bly die Samsodiens lê ook weg aan dié lekkerte.
Die Du Plooys is net so mal oor die eenvoudige tradisiegereg, maar verkies vaalafval. Selfs Bridgette met al haar enemies is ’n afvaleter, maar net as haar ma dit maak.
5. Bridgette se gunsteling: volgraan-hummingbirdkoek
'n Mens moet aanpas by die tye, maar daar was aanvanklik groot ontevredenheid toe Stefan wortelkoek op die spyskaart vervang het met iets wat beter in die 21ste eeu pas.
Die tropiese geure en kaneel werk baie goed saam met die neutsmake van die hawermout en volgraan. Bridgette het hoeka die resep uit hom uit gekry sodat Rosie iets trendy kan bak wanneer haar vriendinne kom vir ete.
- Resep uit Suidooster-kombuis deur Errieda du Toit
- Foto’s: Henk Hattingh (Human & Rousseau, R199 by takealot.com).
- Die prys was korrek met druktyd en is onderworpe aan verandering sonder voorafkennisgewing.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET