1. Oondgebakte pruimedant­hoender

Pruimedante en ertjies is van die beste kosse wat jy by jou dieet kan voeg om jou voedselinname te verhoog.

Oondgebakte pruimedant­hoender
Oondgebakte pruimedant­hoender. Foto: Jacques Stander

2. Appel-en-patatslaai met bloukaascroutons en grenadella-slaaisous

Appels bevat oplosbare (pektien) en onoplos­bare vesel. Grenadella het ook lekker baie vesel.

appel-en-patatslaai,bloukaas
Appel-en-patatslaai met bloukaascroutons en grenadella-slaaisous. Foto: Jacques Stander

3. Lensie-en-bulgurbakkies

Die ideale vleislose ete – nie net bevat lensies proteïen nie; dit is ook ryk aan vesel. Spinasie, sampioene en amandels sorg vir nog vesel.

Lensie-en-bulgurbakkies
Lensie-en-bulgurbakkies. Foto: Jacques Stander

4. Gebakte patat met rooiwynuie

Patat wat in die skil gebak is, is veselryk en het ’n lae glukemiese indeks. Dit beteken dat dit nie bloedsuikervlakke die hoogte laat inskiet nie. Rosyntjies en uie bevat ook heelwat vesel.

Gebakte patat,rooiwynuie
Gebakte patat met rooiwynuie. Foto: Jacques Stander

5. Semelkarringmelkbeskuit

Semels bevat 40-50% vesel en is spotgoedkoop. In dié resep gee die dadels nie net soetigheid nie; dit bied ook ekstra growwigheid saam met die lynsaad. Dié beskuit kry ook minder suiker as gewone karringmelkbeskuit en word met olie pleks van botter gemaak. 

Semelkarringmelkbeskuit
Semelkarringmelkbeskuit. Foto: Jacques Stander

Veselinhoud in 'n neutedop

Vesel word nie tydens vertering afgebreek nie. Dit help die verteringsproses aan en laat jou langer versadig voel.

Semels, onverfynde rys en die skil van groente en vrugte bevat baie onoplosbare vesel, terwyl droëpeulgroente, neute, hawermout en vrugte soos appels ryk is aan oplosbare vesel.

Vesels per 100g
Peulgroente
Botterbone 21,6 g (rou)
Haricotbone 25,4 g (rou)
Lensies 11,8 g (rou)

Grane
Koringsemels 44 g
Ryskoekies 11,7 g
Volgraanbrood 1,5 g

Droëvrugte
Appelkose 21,1 g
Dadels 7,9 g
Pruimedante 15,1 g
Rosyne 7,1 g
Vye 17,1 g

Neute en pitte
Amandels 14,3-14,9 g
Brasiliaanse neute 9,4 g
Droë klapper 23,3 g
Grondbone 8,3 g
Haselneute 9,8 g
Okkerneute 6,6 g
Sonneblompitte 4 g

Vars vrugte
Appels 2 g
Grenadellas 14,8 g
Kwepers 6,4 g
Koejawels 3,6 g
Olywe 4,4 g
Piesangs 2,8 g
Vye 3,7 g
 
Groente
Broccoli 3,5 g
Brusselse spruite 4 g
Ertjies 4,6 g
Gemengde groente 4,8 g
Geelwortels 3,1g
Kool 2,8 g
Patats (met skil) 3 g
Sampioene 2,8 g
Spinasie 3,2 g
Uie 2 g