1. SRIRACHA-LO MEIN 

Lo mein word ietwat anders as chow mein gemaak; chow mein word geroerbraai tot die noedels bros is, maar lo mein word met ’n sous geroerbraai sodat dit sag bly. Sriracha is ’n heerlike sous uit Thailand en werk goed saam met groente en noedels.

Lo Mein.
Foto: Sam Folan

 2. CHINESE STYL BUFFALO-VLERKIES

Ons het almal al seker gehoor van die Amerikaanse styl buffalo-vlerkies en dit selfs al geproe, bedek in sy ryk, geurige en pikante sous.

Wel, dié Chinese styl vlerkies is ewe lipleklekker; dis bros en sappig met ’n geurige smaak danksy die gefermenteerde rissieboontjies. Kry jou tong se sake agtermekaar, want elke happie het skop.

Chinese hoendervlerkies
Foto: Sam Folan

3. VARKTJOPS IN HOISINSOUS

Die Chinese het duisende jare gelede geleer wanneer jy vleis marineer, gee dit nie net geur nie; dit maak dit ook sag.

Hierdie varktjops word in ’n aromatiese soet sous gemarineer; sodra dit gaar is, bly dit sappig met die onmiskenbare geure van Kan­tonese gebraaide vleis­geregte.

Varkvleis
Foto: Sam Folan

4. KANTONESE KNOFFELGARNALE  

My ma en pa het in die middel 1980’s die Panda Restaurant (in Leicester, Engeland) gekoop. Ek was 11 jaar oud en het as pottewasser in die kombuis gewerk voor ek as sjef opgelei is.

Dis vreemd hoe sommige herinnerings so duidelik bly, soos my voorliefde vir die reuk van hierdie gereg. Ek dink dis die ongelooflike kombinasie van knoffel en botter wat saam gebraai word wat altyd my neus geprikkel en my mond laat water het.

Garnale
Foto: Sam Folan

5. OESTERSOUS-HOENDER OP BROS NOEDELS

Hierdie gereg word in die beste Kantonese restaurante wêreldwyd voorgesit. Die heerlike noedels word bros gebraai en dan bedek in ’n weelderige, aromatiese sous met vleis en groente.

Hoender op bros noedels.
Foto: Sam Folan

6. CHINESE TOFFIE-APPELS

In my ervaring sit elke Chinese restaurant hierdie gereg voor, en dís hoekom: Sappige soet appels word in ’n oliebolbeslag gebraai en dan met gesmelte suiker en geroosterde sesamsade bedek.

Dis g’n wonder dis ’n groot gunsteling nie. 

Toffie appels
Foto: Sam Folan
Chinese Takeaways in 5.
’n Geredigeerde uittreksel uit Chinese Takaways in 5 deur Kolkwyn Wan. Versprei deur Johnathan Ball-uitgewers. Foto’s: Sam Folan. Prys: R310.
  • Die prys was korrek met druktyd en onderhewig aan verandering sonder voorafkennisgewing.