Die bekende sjef Tjaart Walraven het sy boek Summer Food saamgestel met al sy beste en gunstelinggeregte omdat sy vriende en familie hom gereeld vra om ’n resep met hulle te deel. 

Dié beoordelaar van The Great South African Bake Off se boek bevat maklike maar gesofistikeerde resepte vir almal, selfs die fynste fynproewers onder ons.

1. HOENDERPASTEI

Dit is een van my topkulresepte, maar so lekker, dit smaak asof jy self die hoenders gebraai het. Dis vinnig en maklik, veral as jy nie juis geïnspireer voel nie.

Jy sal boonop die meeste van die bestanddele in jou koskas hê. Die beste van alles is die pastei proe ná ’n dag of twee nóg beter.

Ek vra graag my vriende se kinders om te help, want hulle is goed daarmee om die vleis van die karkas af te stroop. ’n Mens moet net ’n ogie hou, anders verorber die kleinspan al die sappige vleis voor jy die pastei maak! 

hoenderpastei
Foto: Hein van Tonder

2. AFRIKA-FRIKKADEL-SOMERBREDIE

Ek is versot op vars somergeure en wil altyd iets anders daarmee doen. In Suid-­Afrika is boerewors tradisioneel deel van ’n braai.

Ek is jare gelede tydens ’n vakansie in Mosambiek saam met my vriendin Cindy en haar familie uitgedaag om ’n “gourmet-boerewors­rol” te maak omdat haar pa, Kim, niks anders as boerewors sou eet nie.

Ek het die uitdaging aanvaar en met vlieënde vaandels geslaag. Of dis wat ek dink, want ons praat vandag nog daaroor. Dié gereg is geïnspireer deur daardie uitdaging van lank gelede.

Met hierdie nuwe weergawe kan nog baie jare se vriend-skap gevier word.

tjorizo en rys
Foto: Hein van Tonder

3. GEBAKTE RYS MET VARK EN CHORIZO

Een van my fietsry-pelle, Jordi, kan berge vinnig baasraak, maar net as hy nie met my opgeskeep sit nie. Jordi, wat half-Spaans is, en sy geliefde, Daniela, maak ’n heerlike paella.

Ná ’n lang werkdag, en hopelik ’n bietjie fietsry, geniet ons ’n lekker ete terwyl ons oor die lewe gesels.

Ek hou van die kombinasie van twee of meer vleissoorte in ’n gereg, en natuurlik is die chorizo ook op sy eie altyd ’n wenner.

gebak
Foto: Hein van Tonder

4. BEESKORTRIB EN BROCCOLISLAAI 

Iets klewerigs en sappigs maar heilsaam en lekker om vooruit gaar te maak. Ek hou van beesrib omdat dit so ’n stewige stuk vleis aan die been het. 

slaaai
Foto: Hein van Tonder

5. MY VOORSTE BIEF-WELLINGTON

Dit is ’n gunsteling en een van die min oorspronklike klassieke geregte wat nooit verander het nie. Die kombinasie van geure is eenvoudig maar aards en kragtig en beslis ’n ware wenner.

slaaai
Foto: Hein van Tonder

6. VOLKORING-SAADBROOD

My oorlede pa was ’n kranige tuisbakker en het daarvan gehou om die wetenskap agter broodmaak te ondersoek.

Dié resep sou hom dwars in die krop gesteek het omdat dit ’n gooi-saam-en-bak-opsie is, en tog is dit wonderlik heilsaam met ’n aardse en neuterige smaak. 

saadbrood
Foto: Hein van Tonder

7. BOTTERKOEK

Die heerlike Hollandse botterkoek is kleintyd spaarsaam uitgedeel. Ek dink botter was toe skaars, maar dit het nie my Oma (my ouma) gekeer om dit te maak nie.

botterkoek
Foto: Hein van Tonder