Fatima Sydow van Kaap, kerrie en koesisters- faam
Fatima Sydow van Kaap, kerrie en koesisters-faam se nuwe kookboek, Fatima Sydow Cooks, bevat meer as 90 resepte vir familiemaaltye en spesiale geleenthede. Foto: Henk Hattingh

1. SITRUSHOENDER 

Die nederige hoender kry ’n staande toejuiging in dié heerlike gereg van soet en pikante geure, bros hoendervel en sappige sagte vleis. Wanneer jy weer ’n suurlemoen en ’n lemoen in die kombuis sien rondlê, maak onmiddellik si­trushoender. Die geure is in die pan-sappe – bedruip die hoender daarmee net voor jy dit voorsit. 

Sitrushoender
Foto: Henk Hattingh

2. GARNAALCHAAT 

As jy ’n ryk en dekadente garnaalgereg wil hê, hoef jy nie verder te soek nie. Dié romerige, pikante en matig sterk spesery- sous is vol van die geure van die see. Sit die chaat voor op spesiale geleenthede of as ’n voorgereg wanneer jy gaste vir aandete nooi – dit sal beslis beïndruk.

Garnaalchaat
Foto: Henk Hattingh

3. STADIG GEKOOKTE BEESBORS 

Beesbors is ’n goedkoop, beenlose vleissnit wat vol geur is en dikwels gedroog of gerook word. Dit is ook een van die beste vleissnitte vir lank en stadig kook.

Ek hou van die resep, want ek kan dit vinnig berei en daarvan in die oond vergeet terwyl ek al my ander take verrig. Wanneer dit gaar is, sal jy ’n kastrol ryk, smaaklike smelt-in-die-mond-trooskos voor jou hê.

Beesvleis-brisket
Foto: Henk Hattingh

4. TAMBRYNTJIE-KERRIE 

Tambryntjie (tamaryn), wat ’n soet-suur ­smaak het, is die perfekte bestanddeel om jou kerrie ’n hele paar vlakke beter te maak. Die ryk, donker, oranjerooi kleur lok jou nader en die aroma vul die huis. Al jou gesins­lede sal een vir een met ’n bord in die hand ver­skyn. Kom ons eet.

Tambryntjiekerrie
Foto: Henk Hattingh

5. VETKOEK 

Dié diepgebraaide deegrolletjies is ’n geliefde Suid-Afrikaanse stapelvoedsel. Toe ek op laerskool was, het my ma vir ons vetkoek gesmeer met botter en appelkooskonfyt en dit in waspapier toegedraai en as oggendhappie ingepak.

Wanneer die klok vir pouse gelui het, het ek die waspapier vinnig afgehaal. Daardie eerste mond­vol was altyd so bevredigend en heerlik. Ek het klein happies gevat en baie stadig gekou sodat ek die lekkerny so lank moontlik kon laat hou. 

Naweke het my ma soms vetkoek gevul met maalvleiskerrie gemaak. Tot vandag toe doen ek dit ook.

Geniet dit.

Vetkoek
Foto: Henk Hattingh

6. HOENDERVLERKIEKERRIE 

Wanneer my ma hoenderkerrie gemaak het, het ek die vlerkies bespreek en gesorg dat ek vir almal in die huis sê hulle moet dit nie vir hulle inskep nie, want dit het my naam op. Toe ek grootgeword het, het dit net vir my ­logies gevoel om ’n hoendervlerkiekerrie te maak. Nou is daar geen gestry meer oor wie ’n vlerkie kry nie.

Probleem opgelos.

Hoendervlerkiekerrie
Foto: Henk Hattingh

7. SAGOPOEDING 

Sago poeding
Foto: Henk Hattingh

8. ROMANY DREAMS 

Romany Dreams
Foto: Henk Hattingh
’n Geredigeerde uittreksel uit Fatima Sydow Cooks deur Fatima Sydow
’n Geredigeerde uittreksel uit Fatima Sydow Cooks
’n Geredigeerde uittreksel uit Fatima Sydow Cooks deur Fatima Sydow, uitgegee deur Human en Rousseau. Foto’s: Henk Hattingh. Kleinhandelprys: R360.
  • Uitgegee deur Human en Rousseau. Foto’s: Henk Hattingh. Kleinhandelprys: R360. Die prys was korrek met druktyd en is onderworpe aan verandering sonder voorafkennisgewing.