1. FRANSESPEKROOSTERBROOD

Voeg ’n bietjie suiker by om dit nog te versoet as jy wil. Pleks van spek kan jy die Franse roosterbrood saam met roomys en bessies of enige vrugte van jou keuse voorsit.

Foto: Zhann Solomons
Foto: Zhann Solomons

2. SJOKOLADECRÊPES

Ons maak dikwels dié suiwelvrye opsie uit my pannekoek-en- crêpeversameling, ­veral die sjokolade-­weergawe. Ek versterk ook graag die meel met hawermeel om die voedingsinhoud woema te gee.

As jy weerstandig is vir laktose (suiwel), sorg dat jy dit saam met suiwelvrye roomys en sjokoladesous voorsit. Die resep lewer 14, maar jy kan die resep halveer om eerder sewe crêpes (’n deftige naam vir pannekoek) te maak.

Foto: Zhann Solomons
Foto: Zhann Solomons

3. KULPIZZA

Dis ’n kulpizza dié, want dit word op die stoof pleks van in die oond gaargemaak en ’n tortilla pleks van pizzadeeg word as basis gebruik. Dit verminder die gaarmaaktyd tot minder as vyf minute. Ek hoop julle geniet dit om dié Sibalicious pizza te maak.

Foto: Zhann Solomons
Foto: Zhann Solomons

4. KULSPAGHETTI-EN-FRIKKADELLE

Ek meng die spaghetti met murgpampoen-“spaghetti” om die groenteinhoud van dié maaltyd op die lekkerste manier te verhoog.

Foto: Zhann Solomons
Foto: Zhann Solomons

5. SIBA SE KLEWERIGE VLERKIES

Dit is een van die skeppings waarop ek die trotsste is. Dit is altyd ’n treffer by jonk en oud; daarom maak ek gewoonlik genoeg vir tweede porsies.

My jongste bywerking aan die resep sluit geroosterde sesamolie by die marinade in. Dit voeg towerkrag by en voer hierdie ­Sibalicious ­vlerkies tot die volgende vlak.

As jy dit soos ek saam met gebakte aartappels voorsit, berei dit eerste en plaas dit op ’n bakplaat terwyl die vlerkies bak om tyd te bespaar. Dis heerlik.

Foto: Zhann Solomons
Foto: Zhann Solomons


6. GEKRUMMELDE HOENDERBROODJIES

Dit is ’n gunsteling in ons gesin. Dis ’n heerlike resep vir ouers en kinders om saam te maak, want dit behels ’n paar stappe en tegnieke waaruit hulle kan leer, onder meer kombuishigiëne rakende hoender oor die algemeen.

Maar ouers of voogde moet seker maak hulle help met die sny en gaarmaak van die hoender, veral as die kinders nie oud genoeg is om ’n mes te gebruik nie. Moenie vergeet om pret te hê nie!

Foto: Zhann Solomons
Foto: Zhann Solomons

7. FRAMBOOSJOGURT-YSSTOKKIE

Dié ysstokkies was al so dikwels in my huis baie nuttig as ’n middaghappie. Dit is baie maklik om te berei en verg net ’n hand vol bestanddele. Die kinders kan dit trouens met baie min toesig self maak.

Foto: Zhann Solomons
Foto: Zhann Solomons

8. VARS UITGEDRUKTE REËNBOOGFLOATS

Daar is iets vervullends daaraan om dié reënboogdrankies te maak. Dit lyk nie net mooi nie; dis ook smaaklik, veral saam met grenadellasorbet. Dit is geïnspireer deur die floats wat ek kleintyd gedrink het, maar is eleganter en lekkerder.

Foto: Zhann Solomons
Foto: Zhann Solomons


Beskikbaar by graffitiboeke.co.za Foto: Zhann Solo
Beskikbaar by graffitiboeke.co.za Foto: Zhann Solomons
Siba Mtongana en haar man, Brian, saam met hul kin
Siba Mtongana en haar man, Brian, saam met hul kinders, Lo­nwabo (agter) en (voor, van links) Linamandla, NtandoyeNkosi enBuhleNkosi. Foto: Zhann Solomons
  • ’n Geredigeerede uittreksel uit Let's Cook deur Siba Mtongana (Penguin Random House). Foto's: Zhann Solomons. Prys: R290. Die prys was korrek teen druktyd en is onderworpe aan verandering sonder voorafkennisgewing.
c