Marinda Engelbrecht
Die aanbieder van die reekse Laat die potte prut en Maklik met Marinda op VIA deel van haar gunstelingresepte in haar nuwe kookboek, Marinda se koskas. Foto: Michael Le Grange

1. SHAKSHUKA

So kom Sarietha, ons dogter, met hierdie ontbyt met die volksvreemde naam by ons op Yzerfontein aan. Sy maak dit, en dit is heerlik.

Shakshuka
Foto: Michael Le Grange

2. POTGEBRAAIDE BEESBORSSTUK

Geniet dié braaistuk saam met groente en rys. Dit wat oorbly, is heerlik op ’n broodjie.

Potgebraaide beesborsstuk
Foto: Michael Le Grange

3. BRUIN HOENDER

Hierdie gereg is behoorlik lipafleklekker en elke keer ’n groot wenner!

Bruin hoender
Foto: Michael Le Grange

4. VIS MET ’N UIE-MARMELADEKORS

Jy kan dié eenskottelgereg met sy wonderlike geure en smake maar vir enige onthaal op jou tafel sit.

Vis met marmeladekors
Foto: Michael Le Grange

5. HOENDER CAMPAGNOLA-PASTA

Ek vermoed hierdie gereg is een van my grootste gunstelinge in die hele wêreld. Jy kan baie mense om ’n tafel baie gelukkig maak met ’n pot kos soos dié.

Hoenderpasta
Foto: Michael Le Grange

6. DIKRIBBREDIE

Smaaklike huiskos op sy beste! Dié rib moet jy met verdrag en geduld aanpak; jy moet amper half vergeet jy is besig met kos en sommer nog ’n glasie wyn skink. Verleng jou gaarmaaktyd as jy nie ’n drukkoker het nie.

Dikribbetjies
Foto: Michael Le Grange

7. KARRINGMELK-POEDING

Die surigheid aan hierdie poeding laat jou voel jy pleeg darem nie te veel sonde wanneer jy dit eet nie.

Karringmelkpoeding
Foto: Michael Le Grange

8. PLOMP PAMPOENPOFFERTJIES MET KARAMELSTROOP

Hierdie outjies praat vir hulself. Jy kan die poffertjies die dag voor die tyd maak en braai. Maak dit net die volgende dag weer warm, maak jou sous en giet dit oor die poffertjies. Ek het ook al die poffertjies sonder die sous gevries.

Plomp pampoenpoffertjies
Foto: Michael Le Grange
Marinda se koskas
’n Geredigeerde uittreksel uit Marinda se koskas deur Marinda Engelbrecht, uitgegee deur Human & Rousseau. Foto’s: Michael Le Grange. Prys: R250.
  • Die prys was korrek met druktyf en is onderworpe aan verandering sonder voorafkennisgewing.