1. THAISE VISKOEKIES MET TAMATIESARDYNE

Ons gee ’n Thaise geur aan dié staatmakerviskoekies. Sit dit voor saam met ’n vars slaai, aartappelwiggies of kapokaartappel.

thaise viskoekies
Foto: Misha Jordaan

2. PAELLA-UIT-’N-BLIK

Wie sou kon dink dié bekende Spaanse gereg kan ook met blikkies seekos gemaak word? Ons weergawe is wel nie uitgetof met vars garnale en mossels nie, maar geur boet beslis nie in nie.

paella
Foto: Misha Jordaan

3. GEROOKTE MOSSELKERRIE MET BROS FILO

Die gerookte mossels verleen ’n diep geur aan hierdie kerrie. Die gereg is ryk; dus hoef jy net ’n klein porsie per persoon voor te sit. Ons het die kerrie ’n filodeksel gegee, maar jy kan dit ook voorsit saam met rys, roosterkoek of vars­gebakte brood.

mosselpastei
Foto: Misha Jordaan

4. VISPASTEI MET KAPOK-ERTJIES

Geblikte tuna raak dikwels verlore in ’n vulsel omdat dit mak-lik wegkook. Ons sny dus die groente in lekker growwe stukke om tekstuur aan die pastei te verleen. 

vispastei
Foto: Misha Jordaan

5. TUNA-EN-SPINASIE-ROLLADE

Deur die spinasie en eier saam fyn te pols word parmantige groen pannekoekies opgetower. Ons vul dit met ’n eenvoudige maar geurige tuna­vulsel. Dié rolletjies kan as ’n ligte maaltyd of teetydhappie voorgesit word.

tuna rollade
Foto: Misha Jordaan

6. SARDYN-EN-SOETRISSIEPIZZA 

Vir dié pikante pizza gebruik ons sommer die tamatiesous van die geblikte sardyne vir die basis en ons kikker dit op met kraakvars koljanderblare en helderrooi soetrissie.

sardien pizza
Foto: Misha Jordaan

7. GEKRUMMELDE SARDIENTJIES MET TARTARSOUS

Sardientjies hoef nie altyd net so uit die blik geëet te word nie. Hierdie bros krummellaag maak dié veelsydige vissies vingerlek-lekker. 

sardientjies
Foto: Misha Jordaan

8. PIKANTE SALM-TERRIEN

Vars of gerookte salm is dikwels peperduur. Hoewel geblikte salm ook nie spotgoedkoop is nie, is dit steeds ’n sakpas kopie. Die dille en suurlemoenskil is ’n heerlike vars element in dié delikate terrien.

salm terrien
Foto: Misha Jordaan