Bestanddele
- PATTIES
- olyfolie
- 3 middelslag-uie, fyngekap
- 1 knoffelhuisie, fyngekap
- 1 kg beesbinneboud (topside)
- 1 eier
- 30 ml (2 e) worcestersous
- sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
- VIR GAARMAAK
- 200 ml gekoopte braaisous
- 6 snye beleë cheddarkaas
- SAMPIOENSOUS
- olyfolie
- 1 ui, gekap
- 460 g knopiesampioene of gemengde sampioene, gekap
- 250 ml (1 k) room
- 250 ml (1 k) dubbeldik jogurt
- sout en vars gemaalde swartpeper
- BRANDRISSIESOUS
- 200 g brandrissies, ’n kombinasie of jalapeño’s, gehalveer, pitjies verwyder en fyngekap
- 1 suurlemoen se skil en sap
- 3 cm-stuk vars gemmer, geskil en in stukke gesny
- sowat 6-8 knoffelhuisies, geskil en gekap
- sout na smaak
- 60 ml (¼ k) olyfolie
- AFRONDING
- 6 slaaiblare
- 2 tamaties, in skyfies gesny
Metode

Patties
Verhit die olie in ’n pan en braai die uie en knoffel. Laat eenkant afkoel.
Meng die beesvleis, eier, en worcestersous met die afgekoelde uie-en-knoffelmengsel. Geur met die sout en vars gemaalde peper.
Vorm hamburgerpatties van sowat 2 cm dik en pak op ’n bakplaat. Plaas in die yskas terwyl die res van die souse berei word.
Vir gaarmaak
Braai die patties in ’n warm gietysterriffelpan (of oor die kole); moenie heeltyd draai nie.
Braai 4 min. aan een kant, draai om en smeer met die braaisous. Draai nog een keer om en plaas die cheddarkaas bo-op om te smelt.
Sampioensous
Verhit die olie in ’n pan en braai die ui. Voeg die gekapte sampioene by. Braai tot gaar.
Voeg die room en jogurt by. Geur met die sout en peper en verhit tot die sous verdik.
Brandrissiesous
Plaas al die bestanddele buiten die olie in die bak van ’n voedselverwerker en verwerk tot fyngekap. Voeg die olie by en meng deur.
Afronding
Plaas ’n slaaiblaar en tamatieskyfie op die onderste deel van die hamburgerrolletjie.
Plaas die hamburgerpattie bo-op en skep van die sampioensous oor.
Rond af met ’n skeppie brandrissiesous en plaas die boonste deel van die hamburger bo-op.
Foto: David Briers; stilering: Esther Malan; kos-assistent: Waleed Alexander
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET