20 min.
6 mense
45 min.
Bestanddele
- MAALVLEIS
- 15 ml (1 e) olyfolie
- 250 g beesmaalvleis
- 250 ml (1 k) gaar bruinlensies
- 15 ml (1 e) geroosterde kerriepoeier
- 2,5 ml (½ t) fyn kaneel
- 5 ml (1 t) fyn komyn
- 60 ml (¼ k) rosyntjies
- 1 beesaftrekselpotjie, opgelos in 125 ml (½ k) kookwater
- sout en vars gemaalde peper
- PLATBRODE
- 500 g klaarbereide winkelbrooddeeg
- 45 ml (3 e) olyfolie
- SLAAI
- 1 rooi-ui, in skyfies gesny
- 1 komkommer, in skyfies gesny
- 2 tamaties, in blokkies gesny
- 15 ml (1 e) olyfolie
- JOGURTSOUS
- 125 ml (½ k) natuurlike jogurt
- 30 ml (2 e) mayonnaise
- 15 ml (1 e) suurlemoensap
- 1 takkie ment, fyngekap, of 2,5 ml (½ t) droë ment
Metode

Voorverhit die oond tot 200 °C. Hou 2 groot bakplate byderhand.
- Maalvleis: Verhit die olie in ’n groot pan en braai die maalvleis tot bruin. Voeg die res van die bestanddele by en roerbraai 5 min. Verlaag die hitte en laat die maalvleismengsel prut tot amper droog. Roer af en toe om te verhoed dat die mengsel brand.
- Platbrode: Verdeel die deeg in 6 gelyke dele en rol lekker dun op ’n meelbestrooide oppervlak uit.
- Smeer ’n bietjie van die olyfolie op die bakplate en pak die brode daarop. Verdeel die maalvleismengsel tussen die brode en versprei eweredig oor die brode – los ’n 1 cm-rand rondom die brode oop.
- Drup die res van die olie oor en bak 15 min. in die oond of tot die deeg gaar en bros is.
- Slaai: Meng alles liggies.
- Jogurtsous: Meng alles, drup oor die brode, sny in porsies en sit voor saam met die slaai.
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET