Armand Aucamp, veral bekend vir sy rol in Die Boekklub, se aanhangers is gek oor sy lyf.

In sy kookboek, Armand Kook Kaal, deel hy sy geheim: Hy eet gesond en hou sy gewig in toom met kos wat inpas by die banting- en ketoleefstyl.

Hier is vyf van sy resepte.

Armand Aucamp se kaalkokery beteken sy kos is so kaal en onopgesmuk moontlik. Foto: Donna Lewis

1. VARKLIES

“Wat varkvleis betref, is die lies sonder twyfel die heel lekkerste snit. Dit was vir my intimiderend tot ek besef het hoe eenvoudig dit is. Waarskuwing: Jy gaan van nou af vir die spyseniering van alle familiebyeenkomste verantwoordelik wees. Jammer!”

Foto: Donna Lewis

2. EIERS IN AVOKADO’S

“Dit is so maklik, gesond en vullend dat dit deesdae my staatmakerontbyt is. Jy kan met enige bolaag speel, soos spekstukkies, kase 
of sommer net so reguit uit die oond.”

Foto: Donna Lewis

3. CALAMARI-SLAAI MET AVOKADO EN AARBEIE

“Ek dink ek het nog net een mens in my lewe ontmoet wat nie van calamari hou nie: my pa. ‘Jy sal nog leer, pa, jy sal nog leer!’ ”

Foto: Donna Lewis

4. SUIKERVRYE MARGARITA

“Geniet dié Mexikaanse skemerkelkie op ’n warm someraand, maar hou matigheid voor oë: Die tequila gee dit ’n lekker skop! 
Arriba!”

Foto: Donna Lewis

5. SJOKOLADEMENTROOMYS

“My ma se vriendin Elma Prinsloo het eendag vir ons roomys gemaak met net room, kondensmelk en neute. Hemels, maar dit pas nie by die ketoleefstyl in nie. Hier’s my weergawe.”

Foto: Donna Lewis