Voorverhit die oond tot 200 °C. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit. 

  • Sous: Verhit die olie in ’n pan en braai die uie tot sag. Voeg die knoffel en brandrissie, indien gebruik, by en roerbraai tot geurig. Voeg die tamaties by, roerbraai ’n minuut en voeg die res van die bestanddele buiten die sout en peper by. Laat 10 min. prut terwyl jy af en toe roer om te keer dat dit aanbrand. Geur met die sout en peper en laat afkoel. 
  • Vir afronding: Plaas ’n naanbrood op die bereide bakplaat, skep van die sous bo-oor en smeer egalig oor die brood. Plaas van die basilieblare bo-op, gevolg deur die mozzarellakaas en dan die salamiskywe. Strooi die parmesaankaas oor die salami.
  • Plaas nog ’n naanbrood bo-op en herhaal die stappe in stap 2. Plaas die laaste naanbrood ­bo-op, gevolg deur die mozza­rellakaas en dan die salamiskywe. Bestrooi met parmesaan­kaas en plaas vir 5 min. in die oond. Skakel die rooster­element aan en rooster 2 min. tot die kaas op al drie lae gesmelt het. 
  • Kap die orige basilie en strooi bo-oor. Sny die naantoebroodjies en sit dadelik voor.