• Rys: Plaas die rys, water, sout en borrie in ’n middelslag-kastrol oor ma­tige hitte en laat liggies prut. Verminder die hitte tot laag en kook met die deksel halfoop tot die korrels lig en donsig is en al die vloeistof geabsorbeer is.
  • Sampioene: Braai intussen die sampioene met ’n skeut olie in ’n groot pan oor matige hitte tot goudkleurig (4-5 min.).
  • Voeg die sprietuie, gemmer, knoffel en rissie by en braai nog 1 min. of tot die knoffel geurig is.
  • Voeg nog ’n skeut olie by en krummel die tofu oor hoë hitte in (of voeg die eiers by), roer goed tot gemeng en braai tot goudkleurig (3-4 min.).
  • Voeg die sesamolie, sojasous, hoisin en suurlemoen- of lemmetjiesap of asyn by en meng goed voor jy die gaar rys byvoeg.
  • Vir voorsit: Voeg die spinasie of bone by, braai nog 2-3 min. oor hoë hitte sodat die bodem van die pan ’n bietjie klewerig raak. Skep dan in ’n opdienbord en sit dadelik voor saam met die garnering van jou keuse.