Voorverhit die oond tot 220 °C.

  • Murgbene: Plaas die murgbene op ’n bakplaat en rooster 20-25 min. Geur na smaak met die sout, peper en tiemie.
  • Gepiekelde uiesalsa: Meng die uie, sumak, sout en peper asook pietersielie in ’n mengbak. Verhit die suiker en appelasyn in ’n pan tot die suiker opgelos is. Laat afkoel. Voeg die asynmengsel by die uiemengsel.
  • Vir voorsit: Maak ’n bed van wilde roket en witlof op ’n bord. Plaas die murgbene bo-op, bedruip met die gepiekelde uiesalsa en sit voor saam met die crostini.