Bestanddele
- 4 groot lamsboudtjops
- gerasperde skil en sap van ½ suurlemoen
- 10 ml (2 t) knoffel-en-kruie-spesery
- 2 knoffelhuisies, fyngedruk
- 500 g patat, geskil en in 1 cm-skyfies gesny
- 30 ml (2 e) olyfolie
- sout en swartpeper
- 2 groot pitabrode, in wiggies gesny
- 1 baba-cosblaarslaai, gekap
- 2 roma-tamaties, gekap
- 1 beet, geskil en gerasper
- 1 wiel feta, gekrummel
- 125 ml (½ k) klaarbereide tzatziki-doopsous
- 80 ml (¹/3 k) ontpitte kalamataolywe
- vars kruisementblare, vir voorsit
Metode

Voorverhit die oond tot 200 °C. Voer ’n groot bakplaat met bakpapier uit.
Pak die tjops in ’n vlak bak. Meng die sap en skil, geursel en knoffel en smeer oor die tjops.
Rangskik die patat op ’n bakplaat en bedruip met die helfte van die olie. Geur en bak 15-20 min. tot goudkleurig en sag.
Verhit ’n riffelpan en rooster die pitabrood alkant 1 min. tot liggies geskroei.
Verhit die oorblywende olie in ’n groot braaipan en braai die tjops alkant 2-3 min. tot gaar na jou smaak (of braai dit oor die kole). Laat rus 2 min. en sny in repe.
Verdeel die blaarslaai, tamatie en beet tussen vier bakke. Voeg die vleis en patatskyfies by. Bestrooi met feta. Rond af met die tzatziki, olywe en mentblare. Sit voor saam met die pita.
© JENNENE PLUMMER (RESEPTE)/ROB SHAW (FOTO’S)/ BAUERSYNDICATION.COM.AU/MAGAZINEFEATURES.CO.ZA,
KATE BROWN (STILERING), CARLY SOPHIA TAYLOR (KOSASSISTENT)
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET