hond
Foto: Jacques Stander

Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit 2 groot bakplate met kossproei.

  • Meng die meel, cheddar, indien gebruik, en skaafsels goed in ’n bak.
  • Klits die eiers, aftreksel, heuning en botter saam en voeg by die droë bestanddele. Meng tot ’n sagte deeg vorm. Bedek met kleefplastiek en verkoel minstens 30 min.
  • Rol die deeg op ’n meelbestrooide oppervlak uit en druk in vormpies van jou keuse. Pak die koekies op die bakplate en bak elke baksel 10-12 min. of tot ligbruin en gaar.
  • Laat die koekies 10 min. op die bakplaat afkoel, pak dan op draadrakkies en laat heeltemal afkoel.
  • Bêre in ’n lugdigte houer. As jy wil, kan jy die koekies ook in die oond laat uitdroog nes jy met beskuit doen. Dan sal dit nog langer vars bly.