Met groot dele van die land wat deur droogte geteister word, leer ons spaarsamer werk met water.

Ons wys jou hoe om van vleis en hoender tot mossels en pasta geurig in slim alternatiewe vir water gaar te maak.

Lekker bonus: Die skottelgoed is minimaal, want alles word so te sê in een pot gaargemaak.

1. Geurige mossels met chorizo

Foto: Jacques Stander.

2. Kerriehoender met blomkoolrys

Foto: Jacques Stander.

3. Varkbredie in rooiwyn met kluitjies

Foto: Jacques Stander.

4. Wors-en-murgpampoentjiegebak

Foto: Jacques Stander.

5. Romerige gnocchi met bros spinasie

Foto: Jacques Stander.

Bespaar water

Minder skottelgoed

Voer ’n bakplaat met tinfoelie uit en pak die bestanddele daarop. Die tinfoelie keer dat kos aan die bakplaat vasbrand en kan ná die tyd weggegooi word.

Moenie kastrolle onnodig was nie – iets waarin groente gaargekook is, kan byvoorbeeld weer net so ongewas gebruik word om ’n sous in te berei.

Gebruik jou mikrogolfoond vir souse; dit kan nie daarin brand nie.

“Bak” aartappels en patats in die mikrogolf; onthou net om dit te prik.

Bakke maak makliker skoon as ’n kastrol.

By die wasbak

Vee bakke en borde skoon uit met kombuis­papier of papierservette.

Spoel die skottelgoed af in ’n skotteltjie met ’n bietjie warm water.

Begin by die skoonste skottelgoed en werk deur na die vuiler bakke.

Was dan deeglik in ’n skotteltjie met warm seepwater.

Afwas van kos

Talle groente word as reeds gewas verkoop en benodig net ’n spoel.

Tap water in ’n kommetjie en begin met groente wat geen grond daaraan het nie, soos soetrissies en murgpampoentjies.

Was daarna in dieselfde kommetjie groente soos blaarslaai en spinasie.

Dieselfde water kan gebruik word om patats en aartappels in te was en te skrop (gebruik ’n skoon potskuurder); dan is dit nie nodig vir skil nie.