Op die braai 

Pak ’n vuur (brikette sal gouer gereed wees as hout) en braai vinnig ’n worsie, kebab of vullende pizza oor die kole vir ’n maklike, voedsame middel-van-die-week-ete.

1. Varkkebabs met koolpiekel

Geniet die varkkebabs met koolpiekel bo-op en rond dit af met koljanderblare.

resep,vark,kebabs
Varkkebabs met koolpiekel. Foto: Jacques Stander

2. Reuseboereworsrol met vierboneslaai

Ciabattabrood pleks van broodrolletjies word gebruik in dié boereworsrol wat ’n hele gesin voed. Die vierboneslaai daarby maak daarvan ’n vullende gereg. 

resep,boerewors,bone,slaai
Reuseboereworsrol met vierboneslaai. Foto: Jacques Stander

3. Gesinstoebroodjiepizza

Maak ’n reusepizza met klaargemaakte pizza­basisse, bedek dit met kouevleis en groente en maak dit toe soos ’n toebroodjie. Dit sal dit makliker maak om oor die kole te braai. 

resep,pizza
Gesinstoebroodjiepizza. Foto: Jacques Stander

Minimale kook

Beplan vooraf

  • Kook ’n redelike hoeveelheid rys, koeskoes, bulgur en pasta wanneer die krag aan is en gebruik dit om slaai mee te maak of saam met potjiegeregte voor te sit. Jy kan dit ook in porsies vries.
  • Kook ook water wanneer die krag aan is en giet dit in ’n warmwaterfles. Dit behoort warm genoeg te wees om styselkosse soos bulgur en koeskoes mee gaar te maak sonder enige werklike kookwerk.
  • Tortillas kan vinnig oor ’n gasvlam warm gemaak word.

4. Marokkaanse koeskoesbakkies

Koeskoes stoom in kookwater gaar. Droë­vrugte, kekerertjies en bone gee geur en lyf aan dié maklike, vullende slaai.

resep,koeskoes
Marokkaanse koeskoesbakkies. Foto: Jacques Stander

5. Griekse bulgarslaai met tuna

Probeer hierdie heerlike bulgurslaai met tuna, fetakaas en ander slaaibestanddele.

resep,bulgar,slaai,tuna
Griekse bulgarslaai met tuna. Foto: Jacques Stander

6. Toevourolle met gaar hoender, rys en lensies

Pakkies met gemengde gaar rys en lensies is ’n wonderlike uitkoms in jou koskas, nes ’n gaar draaispithoender.

resep,tortilla,hoender,rys,lensies
Toevourolle met gaar hoender, rys en lensies. Foto: Jacques Stander

Op gas

’n Klein gassilinder met ’n gasring is nuttig tydens beurtkrag.

7. Hoenderbrijani

Geniet hierdie heerlike hoenderbrijani-resep met koljander en sit dadelik voor. 

resep,hoender,brijani
Hoenderbrijani. Foto: Jacques Stander

8. Nachopot 

Probeer hierdie nachopot met suurroom en grasuie.

resep,nacho,tortilla
Nachopot. Foto: Jacques Stander

9. Sardynsmoor met kaserige polenta

In die kouer maande is die polenta-resep heerlik saam met 'n sardynsmoor. 

resep,sardyn,smoor,polenta
Sardynsmoor met kaserige polenta. Foto: Jacques Stander
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe!