• Vulsel: Meng al die bestanddele goed.
  • Kluitjies: Draai die deegblokke sodat dit soos ’n diamant voor jou lê. Skep ’n teelepel van die vulsel in die middel en vou die onderste hoek van die deeg bo-op die boonste hoek. Seël die kante goed – die kluitjie moet nou driehoekvormig wees. Vou die twee punte aan die kante na onder sodat dit oorkruis. Knyp die punte vas en rol tot in die middel. Herhaal met die res van die deeg en vulsel.
  • Verhit genoeg olie vir diepbraai. Braai die kluitjies in sarsies tot goudbruin en gaar. Dreineer op kombuispapier.
  • Grondboontjiesous: Meng alles goed en sit voor saam met die ­­kluitjies.