• Prego-lewer:Trek die vlies van die lewer af en sny die lewer in dun repies. Geur met die sout en vars gemaalde peper. Rol die lewer in die meel en skud enige oortollige meel af.
  • Verhit die helfte van die olie in ’n diep pan en braai die lewer in sarsies tot bros. Skep die lewer uit en hou eenkant.
  • Verhit die res van die olie in dieselfde pan en braai die knoffel, rissie en origanum tot geurig. Roer die tamatiesous, worcestersous en bruin­suiker by en verhit.
  • Skep die lewer terug in die pan en meng deur. Hou eenkant.
  • Uiesmoor: Verhit die olie in ’n ander pan en roerbraai die uie tot sag en gekaramelliseer. Meng die origanum deur en geur met die sout.
  • Vir voorsit: Pak die slaaiblare en/of komkommer op die rolletjies, indien gebruik. Skep die lewer bo-op en rond af met die uie.