• Bring die melk tot kookpunt in ’n diep kastrol terwyl jy aanhoudend roer. Verwyder die kastrol van die hitte sodra die melk begin kook.
  • Voeg die asyn, sondroë tamaties en ’n knippie sout by. Ná ’n paar minute sal die melk wrongel en van die wei begin skei. Giet dan die mengsel deur ’n moeselienlap en laat die wei dreineer.
  • Knoop die moeselienlap toe. Laat dit heeltemal afkoel, plaas dit op ’n bord in die yskas en laat rus ’n swaar pan bo-op. Los die paneer 2 uur in die yskas om ferm genoeg te raak.
  • Plaas die spinasie in die bak van ’n voedselverwerker en verwerk tot fyngekap. Hou eenkant.
  • Verhit die olyfolie in ’n braaipan en braai die knoffel liggies. Voeg die fyngemaakte spinasie, garam masala, komyn, koljander, brandrissiepoeier en ’n knippie sout by en braai 15 min. tot die spinasie in ’n ryk sous verdik.
  • Sny die paneer in happiegrootte-stukke en voeg dit by die saag.
  • Afronding: Roer ’n bietjie vars room deur as jy wil. Garneer met vars koljander.