Voorverhit die oond tot 200 °C. Bespuit ’n groot bakplaat met kossproei en besprinkel met meel.

Tamatiesous

Verhit die olie in ’n kastrolletjie en braai die knoffel tot geurig. Voeg die res van die bestanddele by en laat prut 15 min.

Pizza

Rol die deeg rofweg op ’n meelbestrooide oppervlak uit – ongeveer 1 cm in dikte.

Sit die deeg op die bakplaat en prik met ’n vurk. Drup die olie oor, bak 10 min. en haal uit.

Smeer die sous oor die pizzabasis en sprinkel die kaas oor. Pak die tamaties en spinasieblare op die pizza.

Skuif die bolaag rond om 4-6 holtes te vorm. Breek die eiers in die holtes en bak 10-15 min. tot die eiers gaar is.

Sprinkel basilie oor, geur met nog sout en peper indien verkies, sny rofweg in porsies en sit voor.