Hou ’n groot kleefvrye pan byderhand.

Deeg

  • Meng die meel, gis, suiker en sout goed.
  • Maak ’n holte in die middel van die deeg en giet die water bietjies-bietjies by tot die deeg klewerig is.
  • Keer die deeg op ’n meelbestrooide oppervlak uit en knie tot glad.
  • Bedek en laat 30 min. rys.

Vulsel

  • Verhit die olie en braai die ui en koolslaaimengsel tot sag. Voeg die res van die bestanddele by en roerbraai 2 min.
  • Skep uit en laat effens afkoel.

Vir voorsit

  • Verdeel die deeg in 10-12 bolletjies. Rol elke bolletjie rofweg in ’n sirkel uit.
  • Skep ’n lepel van die vulsel in die middel van elke bolletjie, bring die kante na die middel en knyp vas.
  • Pak op ’n meelbestrooide oppervlak en laat nog 30 min. rys.
  • Doop die onderkante van die rolletjies een vir een in ’n bietjie water en dan in die sesam­saadjies.
  • Verhit die olie in die kleefvrye pan en pak die rolletjies daarin.
  • Braai 1 min. en giet genoeg water in om die rolletjies tot in die helfte te bedek.
  • Bedek stewig met ’n deksel en laat 8-10 min. stoom.
  • Maak die deksel oop en braai tot al die water verdamp het.
  • Skep die rolletjies versigtig uit en sit voor saam met die soet brand­rissiesous.