Bespuit ’n bakplaat goed met kossproei. 

  • Gnocchi: Meng die warm pap en die kaas goed. Druk die pap in die bakplaat. (Die pap moet minstens 3 cm dik wees.) Laat die pap heeltemal afkoel.
  • Keer die pap uit en sny in blokkies.
  • Knoffelkruiebotter: Smelt die botter in ’n groot kleefvrye pan en braai die knoffel tot geurig. Pak die pap­gnocchi in die pan en braai ’n paar minute. Draai om en sprinkel die kruie oor. Meng liggies deur en hou eenkant.
  • Vir voorsit: Verhit die olie in ’n ander pan en braai die tamaties tot dit begin bars. Skep die papgnocchi in borde en versprei die tamaties bo-op. Rond af met die basilie en sit dadelik voor.