• Verhit die olie in ’n groot kastrol oor matige hitte en voeg die uie, kerrieblare, kardemom, kaneelstok en sout by. Braai tot goudbruin.
  • Voeg die vleis, knoffel en gemmer by en smoor 5-10 min.
  • Voeg sowat 500 ml (2 k) kookwater by en kook 45-50 min. oor matige hitte terwyl jy af en toe roer.
  • Voeg al die speserye, ­tamarynsous of -pasta en suiker by en smoor 10 min. terwyl jy nog water ’n eetlepel op ’n slag byvoeg, indien nodig.
  • Voeg die aartappels en 250-500 ml (1-2 k) water by en kook tot die aartappels sag is.
  • Garneer met die vars koljander en kasjoe­neute en sit voor saam met roti’s of wit- of ­basmatirys.
Wenk
Die soet en suur note van die gereg kan aangepas word na jou smaak. Voeg net nog ’n bietjie suiker by as dit te suur is van die tamarynpasta. Jy kan ook ’n koppie gekapte droë appelkose byvoeg as jy wil. Vervang die lamsvleis met beesvleis of hoender vir ’n geur­variasie.