10 min.
1 Rolex
20-25 min.
Bestanddele
- 5 ml (1 t) harissasmeer
- 15 ml (1 e) jogurt
- ’n skeut suurlemoensap
- sout na smaak
- 2,5 ml (½ t) fyn komyn
- 1 chapati, roti of tortilla
- 2 eiers
- 3 sprietuie, fyngekap
- ½ rooi soetrissie, in fyn blokkies gesny
- ¼ rooi brandrissie, saad verwyder en in fyn skywe gesny
- 5 ml (1 t) grasuie, versnipper
- 30 ml (2 e) gerasperde sterk cheddarkaas
- 30 ml (2 e) botter
Metode

- Meng die harissasmeer met die jogurt en geur dan met die suurlemoensap, sout en fyn komyn na smaak.
- Verhit die chapati, roti of tortilla in ’n warm, droë braaipan. Smeer met die harissamengsel.
- Klits die eiers liggies in ’n bak en voeg die spriet-uie, rooi soetrissie, brandrissie, grasuie, cheddarkaas en sout na smaak by.
- Smelt die botter in ’n omeletpan, voeg die eiermengsel by en bak tot ferm.
- Plaas die gaar omelet op die chapati, roti of tortilla en rol dit styf toe.
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET