1. Baklava-roomysbakkies

Baklava-roomysbakkies. Foto: Jacques Stander
Baklava-roomysbakkies. Foto: Jacques Stander

2. Vryevorm-hoenderpastei

Dié maklike en blitsvinnige pastei is ideaal as jy onverwags gaste vir ete kry.

Vryevorm-hoenderpastei. Foto: Jacques Stander
Vryevorm-hoenderpastei. Foto: Jacques Stander

3. Filo-groenterol

Hierdie filorol is heerlik vir 'n ligte somersete. Dit kan warm of koud voorgesit word.

Filo-groenterol. Foto: Jacques Stander
Filo-groenterol. Foto: Jacques Stander

Slim planne met oorskiet

Dit gebeur dikwels dat 'n paar velle filodeeg in die boks oorbly en vergete in die vrieskas bly lê. Hier’s 'n paar idees wat jy met oorskietdeeg kan doen.

4. Pasteikors

Filodeeg skeur maklik of droog vinnig uit. Gebruik enige oorblywende stukkies deeg vir 'n maklike pasteikors.

Pasteikors. Foto: Jacques Stander
Pasteikors. Foto: Jacques Stander

5. Kamma-paaperhappies

Dié krakerige happies word tradisioneel van oorskietsamoesadeeg gemaak. Vir dié kitsweergawe word oor­skietfilodeeg ingespan.

Kamma-paaperhappies. Foto: Jacques Stander
Kamma-paaperhappies. Foto: Jacques Stander

Werk so met filodeeg
  • Laat die filodeeg oornag in die verpakking in die yskas ontdooi.
  • Rol die filodeeg versigtig oop en bedek met 'n klam doek; omdat die deeg so dun is en min vet bevat, droog dit baie vinnig uit as dit nie bedek is nie.
  • Gebruik die velle deeg soos nodig.
  • Rol die oorblywende deeg weer op, sit terug in die verpakking en vries (om lank te bêre) of hou 4-5 dae in die yskas.