1. Amerikaanse kaasburgers

Amerikaners is bekend as 'n nasie wat gek is oor hamburgers. Van tuisgemaak en wegneemkos tot gourmet – burgers is altyd 'n wenner. Hier’s ons burger in ware Amerikaanse styl.

Amerikaanse kaasburgers. Foto: Misha Jordaan
Amerikaanse kaasburgers. Foto: Misha Jordaan

2. Tuisgemaakte bagels

In Hollywoodflieks sien ons gereeld hoe bagels as 'n vinnige happie of wegneemete verorber word. Ons gee jou 'n maklike resep wat jy self by die huis kan gebruik.

Tuisgemaakte bagels. Foto: Misha Jordaan
Tuisgemaakte bagels. Foto: Misha Jordaan

3. Oliebolletjies

Dié soetgoed, ook bekend as “donut holes”, is 'n regte suikertandbederf.

Oliebolletjies. Foto: Misha Jordaan
Oliebolletjies. Foto: Misha Jordaan

4. Koekiedeegroomys

'n Vreemde maar lekker roomysgeur. Gebruik die koekiedeegresep langsaan om dié vinnige lekkerny aanmekaar te slaan. As jy skrikkerig is vir rou deeg, berei die koekies soos langsaan en bak dit. Krummel die gaar koekies rofweg en gebruik pleks van die deeg.

Koekiedeegroomys. Foto: Misha Jordaan
Koekiedeegroomys. Foto: Misha Jordaan

5. Sjokoladesplinterkoekies

Die rakke van elke Amerikaanse supermark of bakkery loop oor van dié snoepkoekies. 

Sjokoladesplinterkoekies. Foto: Misha Jordaan
Sjokoladesplinterkoekies. Foto: Misha Jordaan

Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.