1. Suikerboontjiebredie
Sameera Marthinus van Crawford, vir haar kleinkinders “Town Granny”, maak boontjiebredie met haar skoonma se resep. Die geheim is om alles gelyk in die kastrol te plaas, die deksel op te sit en te gaan tee drink. Die bredie doen sy eie werk!
2. Geposjeerde vis
Irfaan Abrahams, onderwyser, marathon-atleet en onselfsugtige gemeenskapswerker van Bay View, het almal verstom met sy geposjeerde vis. Hy berei dit altyd vir familie en vriende. Irfaan sê elke dag is ’n spesiale geleentheid; daarom maak hy hierdie gereg sommer ook deur die week.
3. Masalahoender op twee maniere
Fehmz van Johannesburg is bekend vir al die resepte en gedagtes wat sy met haar gehoor deel. Sy is ’n innoverende kok wat nie terugstaan vir brandrissies nie. Haar vinnige idees met hoender op twee maniere en pampoen op drie maniere verseker dat sy altyd ’n oorvloed kos op die tafel het, genoeg vir familie en ook nog as iemand vinnig vir ’n kuier inloer.
4. Lensielasagne
Ammaarah Petersen, ’n gebore en getoë Kapenaar, is ’n beroepsjef wie se reise haar kookstyl beïnvloed. As eienaar van Hot Chefs eksperimenteer sy gedurig. Haar vegetariese lasagne is ideaal op vleislose Maandae.
5. Beeslewer met kapokaartappels
Aunty Flori Schrikker van Upper Bonteheuwel is ’n formidabele vrou in die kombuis. Sy berei die tradisionele “beestelewer” op die maklikste manier en dit proe gourmet.
Sy is vir haar resepteboeke bekend wat sy saam met auntie Koelie geskryf het. Boonop doen sy ongelooflike werk in die gemeenskap waar sy vir die kinders kos maak om seker te maak hulle ly nie honger nie.
Volg Huisgenoot op Instagram, Twitter, Facebook, WhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET