GOEIE REDES OM EIERS TE EET
Eiers word beskou as die natuur se alles-in-een-kragkos. Dit is nie net maklik om te berei nie; dis bekostigbaar en propvol noodsaaklike voedingstowwe wat jou liggaam nodig het om sterk en gesond te bly.
Dié veelsydige bestanddeel kan maklik by enige maaltyd gevoeg word vir ekstra substansie. Dit kan net so geëet word of selfs as die sterbestanddeel in vele geregte gebruik word.
Volgens dieetriglyne kan ’n gesonde persoon tot sewe eiers per week eet. Dít is hoekom:
HART
Eiers is ’n uitstekende bron van omega-3-olies wat inflammasie beveg en noodsaaklik is vir ’n gesonde hart.
BENE EN SPIERE
Eiers is ’n goeie bron van hoëgehalteproteïene. Dit bevat die regte hoeveelheid en kombinasie aminosure en proteïene wat noodsaaklik is vir spierbou en sterk gebeentes.
CHOLESTEROLVLAKKE
Eiers verhoog nie bloedcholesterolvlakke nie. Eiers het deur die jare ’n slegte reputasie gekry oor hul hoë cholesterolinhoud, maar vele studies het bewys die vette in eiers dra eerder by tot ’n gesonde hart en verhoog nié bloedcholesterolvlakke nie.
Eiers bevat “goeie” cholesterol, wat help om die “slegte” cholesterol, wat tot hartsiektes kan lei, te beveg.
GESONDE OË
Eiers is ook goed vir jou oë. Die antioksidante en vitamien A in eiers dra by tot die gesondheid van jou oë.
HARE EN NAELS
Dit hou ook gesondheidsvoordele in vir jou hare en naels. Die kombinasie van voedingstowwe in eiers help om jou hare en naels gesond en sterk te hou.
GEWIGSBEHEER
Sluit eiers in jou dieet in om te help met gewigsbeheer – die proteïeninhoud in eiers verseker dat ’n mens vinniger én langer versadig voel.
Eiers het ’n baie lang raklewe. Om te bepaal of dit nog vars genoeg is om te gebruik, toets dit so: Sit die eier in ’n koppie water. As dit dryf, is dit nie meer vars nie.
KOOK JOU EIERS REG
’n Gekookte eier is ’n mak-like en vinnige manier om ’n hongerpyn te sus, maar vir baie is dit ’n kopseer om eiers presies reg te kook.
Ons maak dit vir jou maklik:
Sit die eiers in ’n kastrol met koue water en verhit oor matige hitte tot die water begin kook. Kook dan 1-5 min. na smaak volgens die gids hieronder.
Probeer dié 8 heerlike resepte
1. EIER-EN-UIE-BRAAIBROODJIE MET MIELIESLAAI
2. SAKPAS EIER-EN-TAMATIEPIZZA
3. LENTE-ROEREIER OP ROOSTERBROOD
4. EIERKOOLSLAAI MET ZA’ATAR
5. BOBOTIE-FRITTATA
6. GEKRUMMELDE EIERS MET BILTONGKORS
7. ROOIBOS-EIERVLAJELLIES MET NAARTJIE-KRAAKSEL
8. PIKANTE EIERKOPPIES
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET