1. VOLGRAANPLAATKOEKIES EN GRANOLA MET APPEL EN NEUTE

Plaatkoekies
Foto: Misha Jordaan

Soms is dit moeilik om genoeg vesel in jou daaglikse dieet in te sluit. Hierdie plaat­koekies is volgeprop met vesel en word boonop voorgesit saam met ’n granola wat baie omegavet­sure bevat.

Dié ontbyt sal jou nie net langer versadig hou nie; dis ook die perfekte happie vir voor of ná oefening.

2. AMASI-EN-LEMOEN-MADELEINTJIES 

Madeleintjies
Foto: Misha Jordaan

Kalsium is van kardinale belang in ’n vrou se dieet en ’n vereiste vir sterk bene. Ons gebruik amasi in die koekies vir ’n goeie dosis van dié mineraal.

3. SJOKOLADE-EN-GRONDBOONTJIEKOEKIES

Koekies
Foto: Misha Jordaan

Ons almal kry af en toe lus vir ’n soet happie! In dié koekies gebruik ons donker kakao en grondboontjiebotter vir ’n gesonder lekkerny. Dis ideaal vir ekstra woema wanneer die energievlakke begin daal.

4. CRÈME CARAMEL GEGEUR MET KAMILLETEE

Karamel
Foto: Misha Jordaan

In hierdie resep gebruik ons kamilletee, wat bekend is vir sy strelende eienskappe.

5. SAPPIGE VOLSTRUISBURGERS

Burger
Foto: Misha Jordaan

Burgers kan ook gesond wees!

Vir die burgers gebruik ons vol-struismaalvleis, wat min vet en baie yster bevat. Ons maak ook kleiner burgerporsies wat heerlik is as ’n ligte maaltyd.

6. PIKANTE RYSNOEDELBAKKIES MET JOGURT-DRUPSOUS

Noedelbakkie
Foto: Misha Jordaan

Ons gebruik groentee as ’n sousie vir dié noedelbakkies en sit dit voor saam met bros vars groente. Hierdie bestanddele help om opgeblasenheid te voorkom.

7. GEURIGE KEDGEREE MET AMANDELSPRINKEL

Rys
Foto: Misha Jordaan

Rys is natuurlik glutenvry. Hierdie maaltyd is ideaal om jou langer versadig te hou, of dit nou by die werk of tuis is

8. VISKOEKIES MET HAWER­KRUMMEL

Viskoekies
Foto: Misha Jordaan

Pleks van brood­krummels gebruik ons hawermout as ’n krummel vir die vis­koekies, en ons geur dit met vars kruie en suurlemoen.