1. VRUGTESALSA MET VINKELVARKLIES

Die vars soetigheid van die vrugte sny goed deur die vetterigheid van die varklies. Vinkel gee die varklies ’n heerlike geur.

Foto: Jacques Stander
Foto: Jacques Stander

2. PERSKEMOSTERD MET HOENDERVLERKIES

Hierdie mosterd is nie net hemels saam met die hoendervlerkies nie; eet dit ook op brood saam met skywe ham of selfs op ’n hamburger. En dis so eenvoudig om te maak!

Foto: Jacques Stander
Foto: Jacques Stander

3. HOENDER MET KLAPPERMELKKERRIESOUS

Maak ’n slaai of sit dit warm as ligte ete voor.

Foto: Jacques Stander
Foto: Jacques Stander

4. BRUINRYSSLAAI MET SOETRISSIE EN VRUGTE

Die vrugte verleen ’n heerlike vars smaak aan hierdie rysslaai.

Foto: Jacques Stander

Foto: Jacques Stander

5. KLAPPER-KARRINGMELKKOEK

Dié is die naaste aan ’n ligte sponskoek, maar gemaak sonder meel. Dis boonop glutenvry en heerlik lig, en die perskes wat in ’n Turkselekker- stropie gekook is, is hemels saam met die klapper.

Foto: Jacques Stander
Foto: Jacques Stander

6. VRUGTESTRUIF

Dié suurlemoen­meringuetert en koekstruif ineen is ideaal vir ’n somertafel.

Foto: Jacques Stander
Foto: Jacques Stander

7. MODDERPOEDING MET PRUIME EN MENTROOMYS

Pruime in die klam sjokoladepoeding ingebak is heerlik saam met ’n tuisgemaakte mentroomys.

Foto: Jacques Stander
Foto: Jacques Stander

8. FILOSTAPEL MET VRUGTE-EN-JOGURTROOM

Dié nagereg is on­beskryflik lekker. Die neuterige filo herinner amper aan ’n soort baklava – dis net nie so soet nie.

Foto: Jacques Stander
Foto: Jacques Stander