In Huisgenoot se nuwe fliek, Vergeet my nie, volg ons die kronkelpaaie van Mardaleen en Hugo Derks van Gobabis, Namibië, se liefdesreis.

Ons het Mardaleen gevra watter geregte in elke tydperk van hul pad saam – van hul sorgelose studentejare in Potchefstroom tot hul tyd in Londen en nou Namibië – vir haar uitstaan.

Die pad na die hart

mardaleen en hugo
Hugo en Mardaleen Derks is al 16 jaar lank getroud. Foto: Misha Jordaan

In die fliek gaan kuier Mardaleen by Hugo op die plaas in Namibië.

Sy wil risotto maak om sy vriende te beïndruk, maar nêrens is sondroë tamaties of die regte soort rys nie. Die gereg flop, sy’s erg getraumatiseer en dit maak haar net nog meer sinies oor die plaaslewe.

1. Tamatie-risotto 

risotto
Foto: Jacques Stander

2. Kulrisotto

risotto
Foto: Jacques Stander

As jy nie regte risotto-rys in die hande kan kry nie, maak dan hierdie kulrisotto met gort en ­ander maklik bekombare bestanddele.

Dis ook dan nie nodig om die hele tyd te roer nie.

Studentejare op Potchefstroom

vergeet my nie
Sean-­Marco Vorster en Marguerite van Eeden speel Hugo en Mardaleen in Vergeet my nie.

Mardaleen en Hugo se paaie het die eerste keer gekruis as studente in Potchefstroom.

Mardaleen was ’n kelnerin in Die Akker, ’n koffiehuis. Hul broodjie, die Wille Dingo, was baie gewild en is genoem na die eienaars, Hennie en Gerrie Beukes.

3. Wille Dingo

wille dingo
Foto: Jacques Stander

Londen 

vergeet my nie
Sean-Marco en Marguerite het ook tonele vir die fliek in Londen geskiet.

Sorgelose jare in LondenMardaleen en Hugo het halsoorkop verlief geraak toe hulle ná universiteit in dieselfde kommune, Huis Konettie, in Londen beland het saam met ’n groep Suid-Afrikaners.

Wanneer Hugo huis toe verlang het, het Mardaleen vir hom blomkool met witsous gemaak. En dan was daar die doner kebab.

Dié Londense straatkos, die Turkse doner kebab, is hul gunsteling, maar peperduur.

Hulle het gewoonlik net die moed gehad vir so ’n groot hap uit hul begroting ná ’n aandjie se kuier in die stad, waarna hulle met die nagbus in die vroeë oggendure die pad terug huis toe aangedurf het.

Hier is ’n vinnige, maklike en goedkoper variasie gemaak met hoender.

4. Doner kebab

doner kebabs
Foto: Jacques Stander

Namibië

Nesskop in Namibië

vergeet my nie
Die paartjie se liefdesverhaal draai ook in Namibië, waar hulle later nes geskop het.

Hulle hou van eet, skryf Mardaleen, maar in ­Namibië is dit moeilik.

Hoewel hulle betreklik avontuurlustig is, eet hulle maar eenvoudig. Hugo hou van ’n regte rohack, ’n Duitse brötchen met rou maalvleis, speserye, rou ui en agurkies op. Dan is daar murgbene (wild) by roosterbrood vir ontbyt.

Vreemde bestanddele is skaars in Gobabis, maar dis wild- en braai­wêreld en jy maak dinge werk met wat jy het.

5. Steak met sampioensous

steak en sampioen
Foto: Jacques Stander

6. Koeskoesslaai

risotto
Foto: Jacques Stander

  • Vergeet my nie, deur Mardaleen en Hugo se liefdesreis geïnspireer, is nou in rolprentteaters te sien.