Voorverhit die oond tot 180 °C. Spuit ’n klein broodpannetjie met kossproei.

  • Meng al die droë bestanddele. Voeg die kaas by.
  • Klits die eiers en olyfolie saam en voeg by die droë bestanddele. Meng en skep in die voorbereide pan.
  • Sprinkel die sade en pitte bo-op.
  • Bak 20-25 min. of tot ferm en tot die kors begin verbruin. Sit voor saam met die hummus.
Avokadohummus

Avokado’s is ’n wonderlike bron van mono-onversadigde vetsure wat help om bloeddruk te verlaag en is ook ’n goeie bron van vesel.

Daarby het dit ’n heerlike romerige tekstuur wat help dat jy langer versadig voel. 

Lewer sowat 500 ml (2 k) hummus

Bereiding: 5 min.

Bestanddele

  • 1 ryp avokado 
  • 1 blik (400 g) kekerertjies, gedreineer  80 ml ( k)
  • sesamsaad­pasta (tahini)  
  • 1 knoffelhuisie, fyngedruk, met ’n bietjie sout 
  • 60 ml (¼ k) suurlemoensap  swartpeper na smaak 
  • 1,25 ml (¼ t) komyn 
  • 250 ml (1 k) koljanderblare, gekap 
  • 45 ml (3 e) olyfolie

Verwerk die bestanddele vir die hummus in ’n voedselverwerker tot glad. 
Afronding: Smeer hummus oor die brood en pak avakado en radys op. S